3-4. “Juda, Issaskar en Sebulon moet aan die oostekant, waar die son opkom, onder hulle onderskeie vaandels kamp opslaan. Hier is die name van die stamme, hulle leiers en die getalle van hulle weerbare manskappe: Juda se leier is Nagson seun van Amminadab met 74 600 manskappe;
9. Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.
22-23. Benjamin s’n is Abidan seun van Gidoni met 35 400 manskappe.
24. Die manskappe aan Efraim se kant van die tabernakel is 108 100. Hulle moet altyd derde versit, net na die Leviete.
25-26. “Dan, Aser en Naftali moet by hulle vaandels noord van die tabernakel kamp opslaan. Hulle is volgens stam, leier en getalle soos volg: Dan se leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai met 62 700 manskappe;
27-28. Aser s’n is Pagiël seun van Okran met 41 500 manskappe;
29-30. Naftali s’n is Agira seun van Enan met 53 400 manskap-pe.
31. Aan Dan se kant is daar altesaam 157 600 manskappe. Hierdie stamme moet laaste vertrek, aan die agterkant.”
32. Volgens hulle families ingedeel, was die groottotaal van die Israeliete dus 603 550.
33. Soos die Here vir Moses beveel het, was die Leviete nie by hierdie getalle ingereken nie.
34. Die Israeliete het gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het. Elke stam het volgens sy familie en onder sy eie vaandel kamp opgeslaan en weer getrek.