2. “Hulle moet elkeen onder die vaandel van hulle stam gaan staan. Hulle moet reg rondom die tabernakel kamp opslaan.
3-4. “Juda, Issaskar en Sebulon moet aan die oostekant, waar die son opkom, onder hulle onderskeie vaandels kamp opslaan. Hier is die name van die stamme, hulle leiers en die getalle van hulle weerbare manskappe: Juda se leier is Nagson seun van Amminadab met 74 600 manskappe;
5-6. Issaskar s’n is Netanel seun van Suar met 54 400 manskappe;
7-8. Sebulon s’n is Eliab seun van Gelon met 57 400 manskappe.
9. Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.
20-21. Manasse s’n is Gamliël seun van Pedasur met 32 200 manskappe;
22-23. Benjamin s’n is Abidan seun van Gidoni met 35 400 manskappe.
25-26. “Dan, Aser en Naftali moet by hulle vaandels noord van die tabernakel kamp opslaan. Hulle is volgens stam, leier en getalle soos volg: Dan se leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai met 62 700 manskappe;
27-28. Aser s’n is Pagiël seun van Okran met 41 500 manskappe;
29-30. Naftali s’n is Agira seun van Enan met 53 400 manskap-pe.