38. Daar sal ’n priester uit Aäron se familie by die Leviete wees as hulle die tiendes ontvang. Die Leviete sal ’n tiende van alle tiendes wat hulle insamel na die tempel toe bring en in die stoorkamers wegbêre.
39. Die mense van Israel en die Leviete moet al hierdie graanoffers, die nuwe wyn en die olyfolie na die stoorkamers by die tempel bring. Dit is waar hulle die tempelgereedskap bêre, en waar die priesters wat diens doen asook die tempelwagte en sangers bly. “Ons sal die tempel van ons God nie verwaarloos nie.”