Miga 6:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Sal dit vir die Hereaanvaarbaar weesas ons duisende ramme offerof tienduisende strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?

8. Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julleom reg te laat geskied,om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.

9. Jerusalem, luister na die Here! Verstandige mense respekteer die Here se Naam. “Neem kennis:van die straf en wie dit veroorsaak.

10. Gaan julle ooit ophouom deur kullery ryk te word? In die huise van die oneerlike mense is vals maatbakke en -bekers.

11. Sal Ek ’n man vryspreek wat vals mate en vals gewigte gebruik?

12. Mense in die stad word ryk deur geweld te gebruik. Die inwoners is gewoond om te lieg en te bedrieg.

13. “Om dié rede gaan Ek julle dodelik tref!Ek gaan julle vernietig oor al julle sondes.

14. Julle sal eet, maar nie versadig word nie.Julle hongerpynesal nie weggaan nie.Julle sal spaar, maar niks bymekaarmaak nie.Die bietjie wat julle wel oorhou, sal in gevegte tot niet gaan.

15. Julle sal saai, maar nie oes nie.Julle sal olywe pars, maar nie genoeg kryom julle te salf nie.Julle sal druiwe pars, maar julle sal niedie wyn drink nie.

16. Julle gehoorsaam net die wette van Omri en volg al die gebruikevan Agab se familie na!Ek sal van julle ’n voorbeeld maak en julle verwoes.Hulle sal julle inwoners spot, ander volke sal julle minag.”

Miga 6