5. Elke nasie kan sy vertroue stelin hulle gode,maar ons sal vir altyd ons vertroue stel op die Here ons God.
6. Die Here sê: “In die tye wat kom, gaan Ek my mense bymekaarmaak.Dit sluit in die kreupeleswat in ballingskap is en dié wat Ek met rampe getref het.
7. Hulle is verswak en ver van hulle huise af, maar Ek sal hulle weer ’n sterk en magtige nasie maak.Ek, die Here, sal hulle Koning wees. Ek sal vir ewig in Jerusalemoor hulle regeer.
8. Jerusalem, veilige vesting vir God se mense,Ek sal jou mag herstel.Jerusalem sal weer soos vroeër die stad weeswaar die koning regeer.”
9. Maar waarom skreeu jy nou so benoud?Het jy dan nie ’n koning nie? Het jou raadgewers verdwyn?Angs het jou vasgegryp,soos ’n vrou wat in kraam is.