Matteus 6:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie;maar bevry ons van die greep van die Bose.

14. “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

15. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

16. “Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges ’n martelaarshouding aanneem nie. Hulle loop met lang gesigte rond sodat die mense duidelik kan sien dat hulle vas. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.

17. Maar wanneer jy vas, versorg jou hare, was jou gesig.

18. Dan sal niemand agterkom dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat alle geheime ken. En jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon.”

19. “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie.

Matteus 6