Matteus 6:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.

2. Wanneer jy iemand in nood help, moenie ’n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word. Ek verseker julle, dis al beloning wat hulle ooit sal kry.

3. Maar as jy mense in nood help, doen dit sonder groot vertoon.

Matteus 6