Matteus 4:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.

21. ’n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom.

22. Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos en Jesus se dissipels geword.

23. Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

Matteus 4