Matteus 28:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Vroeg Sondagmôre, terwyl dit begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.

2. Skielik was daar ’n geweldige aardbewing omdat daar ’n engel van die hemel af gekom, die klip voor die graf weggerol en daarop gaan sit het.

3. Sy gesig het geblink soos weerlig en sy klere was sneeuwit.

4. Die wagte het van angs begin bewe oor die engel en toe soos dooies bewusteloos neergeslaan.

Matteus 28