Matteus 26:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Die dissipels het toe gedoen soos Jesus hulle beveel het en die paasete voorberei.

20. Teen die aand was Jesus saam met die twaalf aan tafel.

21. Terwyl hulle besig was om te eet, het Hy gesê: “Ek verseker julle, een van julle gaan My uitlewer.”

22. Hulle was geweldig geskok en het Hom die een na die ander gevra: “Dit is tog seker nie ek nie, Here?”

Matteus 26