Markus 6:49-54 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

49. Toe hulle Hom so op die see sien loop, het hulle hard begin skree, want hulle het gedink dis ’n spook.

50. Hulle was almal verskrik toe hulle Hom sien. Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel en gesê: “Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.”

51. Hy het toe by hulle in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Hulle was baie verbaas oor wat hulle beleef het.

52. Selfs ná die broodwonder het hulle nog nie begryp wie Hy werklik was nie; daarvoor was daar nog te veel weerstand in hulle harte.

53. Hulle het die see oorgesteek en by Gennesaret geland en anker gegooi.

54. Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Jesus dadelik herken.

Markus 6