29. Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal vir julle sê deur watter gesag Ek hier-die dinge doen. Maar dan moet julle eers een vraag beantwoord:
30. Kom Johannes se doop van God af, of was dit maar bloot ’n menslike saak?”
31. Hulle het toe onder mekaar beraadslaag: “As ons sê dat dit van God af kom, sal Hy sê: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’
32. Maar as ons sê dit was bloot ’n menslike saak, is ons ook in die moeilikheid.” Hulle was bang vir die skare, want almal het geglo dat Johannes ’n profeet was.
33. Gevolglik het hulle Jesus toe geantwoord: “Ons weet nie.”Jesus antwoord toe op sy beurt: “Dan gaan Ek julle ook nie sê waar Ek die gesag vandaan kry om so op te tree nie.”