Lukas 21:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. want Ek sal aan julle die regte woorde en die wysheid gee wat al julle teenstanders nie sal kan opponeer of weerlê nie.

16. Julle sal uitgelewer word deur ouers, broers, familie en vriende, en hulle sal sommige van julle doodmaak.

17. Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree.

18. Maar selfs nie ’n haar op julle kop sal verlore gaan nie.

Lukas 21