Lukas 20:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. “Toe die boere hom egter sien, het hulle onder mekaar beraadslaag en gesê: ‘Hierdie man is die erfgenaam. Laat ons hom doodmaak sodat die erfenis ons s’n kan wees.’

15. Hulle het hom toe uit die wingerd gejaag en vermoor. “Wat moet die eienaar van die wingerd dan met hulle doen?

16. Hy sal opdaag en daardie boere doodmaak en die wingerd aan ander mense gee.” Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “Nee, dit mag nooit gebeur nie!”

17. Jesus het hulle stip aangekyk en gesê: “Wat is die betekenis van hierdie Skrifwoord dan?‘Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het,het die hoekklip van die gebou geword.’

18. “Elkeen wat op daardie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal vergruis word.”

19. Die skrifkenners en die priesterhoofde wou Hom daar en dan arresteer, maar hulle was bang vir die volk. Hulle het in elk geval besef dat hierdie gelykenis teen hulle gemik was.

20. Hulle het hulle geleentheid afgewag en toe spioene wat voorgegee het dat hulle dit opreg bedoel, gestuur om Jesus op sy woord vas te trek. So sou hulle Hom aan die owerheid en die gesag van die goewerneur kon uitlewer.

Lukas 20