Lukas 20:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op een van die dae, terwyl Jesus besig was om mense in die tempel te onderrig en die Goeie Nuus te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifkenners saam met die familiehoofde nadergestaan en

2. vir Jesus gevra: “Sê vir ons met watter gesag doen jy hierdie dinge? Wie het jou hierdie gesag gegee?”

3. Sy reaksie was: “Ook Ek het ’n vraag vir julle.

4. Sê My, die doop van Johannes – was dit uit die hemel afkomstig of was dit ’n bloot menslike saak?”

5. Hulle het dit toe onder mekaar bespreek: “As ons sê dat dit uit die hemel kom, sal Hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’

6. En as ons sou sê: ‘Dit was ’n bloot menslike saak,’ sal die hele volk ons stenig, want hulle is vas oortuig dat Johannes ’n profeet is.”

7. Hulle antwoord was dat hulle nie weet waarvandaan dit kom nie.

Lukas 20