Lukas 17:23-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Hulle sal egter aan julle sê: ‘Kyk, daar is Hy!’ of: ‘Kyk, hier is Hy!’ Moenie gaan nie, en moenie agter hulle aanloop nie.

24. Soos ’n weerligstraal flits en die hemel van die een kant na die ander kant verlig, só sal Ek, die Seun van die Mens, op daardie dag van My verskyn.

25. Eers moet Ek egter baie lyding verduur en deur die mense van hierdie geslag verwerp word.

Lukas 17