Lukas 11:50-54 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

50. “En julle van hierdie geslag sal verantwoordelik gehou word vir al God se profete van die skepping van die wêreld af –

51. van die moord van Abel af tot die moord van Sagaria wat tussen die altaar en die heiligdom vermoor is. Ja, dit sal sekerlik teen julle gehou word.

52. “Ellende wag vir julle, wetskenners! Want julle verberg die sleutel tot kennis vir die mense. Julle gaan self nie die koninkryk binne nie, en julle verhinder ander om in te gaan.”

53. Toe Jesus uit die huis uitgaan, het die wetskenners en Fariseërs baie vyandig begin raak en Hom met vrae bestook oor ’n klomp goed

54. in ’n poging om Hom te betrap op iets wat Hy verkeerd sê.

Lukas 11