Lukas 1:38-55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.” Toe het die engel weggegaan.

39. ’n Paar dae later het Maria haastig na die heuwelland van Judea vertrek, na die dorp waar Sagaria gewoon het.

40. Sy is die huis in en het vir Elisabet gegroet.

41. Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg en Elisabet is met die Heilige Gees vervul.

42. Sy het met ’n harde stem teenoor Maria uitgeroep: “Jy is bo alle ander vroue deur God geseën, en jou kind is geseënd.

43. Wat ’n eer is dit dat die ma van my Here my besoek!

44. Toe jy ingekom en my gegroet het, het my kindjie van vreugde beweeg die oomblik toe ek jou stem hoor!

45. Jy is geseënd omdat jy vertrou het dat die Here sal doen wat Hy gesê het.”

46. Maria het geantwoord:“Ek prys die Here.

47. Ek juig in God my Verlosser!

48. Want Hy het omgesienna sy nederige diensmeisie,en nou sal geslag na geslagmy geseënd noem.

49. Want Hy, die magtige Een,het groot dinge vir my gedoen.Heilig is sy Naam!

50. Sy ontferming strek van geslag tot geslagoor almal wat Hom eer.

51. Sy kragtige arm doen geweldige dinge!Hy verstrooi die trotse en hooghartige mense!

52. Hy het prinse onttroonen nederiges verhef.

53. Hy het dié wat gebrek ly,met goeie dinge versadig,en die rykes met leë hande weggestuur.

54. Hy het sy dienaar Israel gehelp!Hy het nie sy belofte vergeetom ontferming te bewys nie.

55. Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders –om vir altyd goed te weesteenoor hulle.”

Lukas 1