Levitikus 8:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hy het toe ook die tulband met die goue plaat voor op sy kop gesit, net soos die Here hom beveel het om te doen.

10. Moses het toe die salfolie geneem en die tent van ontmoeting en alles daarin gesalf om dit aan die Here op te dra.

11. Hy het die altaar sewe keer besprinkel en sodoende die altaar, al die gereedskap en die waskom met sy staander gesalf en dit geheilig.

12. Hy het toe ook van die salfolie op Aäron se kop gegooi en hom gesalf en hom sodoende vir sy werk heilig gemaak.

13. Moses het ook Aäron se seuns laat naderkom en vir hulle priesterklere, ampserpe en tulbande aangetrek, net soos die Here hom beveel het om te doen.

14. Toe het Moses die bul vir die sonde-offer ingebring. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit.

15. Moses het die bul geslag, van die bloed gevat en met sy vinger van die bloed op die vier horings van die altaar gesmeer om dit te reinig. Die res van die bloed het hy teen die kant van die altaar uitgegooi. Op dié manier het hy die altaar geheilig sodat daarop versoening gedoen kan word.

16. Hy het toe al die vet rondom die binnegoed, die punt van die lewer, die twee niere en hulle vet geneem en dit alles op die altaar verbrand.

Levitikus 8