Levitikus 8:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Bring vir Aäron en sy seuns, met die spesiale klere, die salfolie, die bul vir die sonde-offer, die twee ramme en die mandjie met ongesuurde brood

3. na die ingang van die tent van ontmoeting. Roep dan die hele gemeenskap van Israel bymekaar om jou daar te ontmoet.”

4. Moses het die opdrag van die Here uitgevoer en so het die hele volk by die ingang van die tent van ontmoeting bymekaargekom.

5. Moses het die volgende aankondiging gemaak: “Die Here het my beveel om te doen wat ek nou gaan doen!”

6. Hy het Aäron en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.

Levitikus 8