16. Watter heilige ding hy ook al verontreinig het, moet hy regstel deur vir die verlies te betaal, plus ’n ekstra heffing van twintig persent. Met hierdie betaling aan die priester sal hy met die ram wat as skuldoffer geoffer is, versoening bewerk en sal hy vergewe word.
17. “As enigiemand sondig deur iets te doen wat die Here verbied het, selfs al is dit onopsetlik gedoen, sal hy verantwoordelik gehou word. Wanneer so iemand bewus word van sy skuld,
18. moet hy vir die priester ’n ram uit die trop bring as ’n skuldoffer. Dit moet ’n dier sonder enige liggaamsgebrek wees, volgens die vasgestelde waarde. Op dié manier sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word.
19. Dit is ’n skuldoffer, want hulle was skuldig aan ’n oortreding teen die Here.”