43. Die land moet egter eers sy jare van Sabbatsrus geniet soos wat dit nou verlate lê. Die volk sal hulle volle straf vir hulle sondes moet kry. Hulle het immers my reëls verwerp en my regulasies geminag.
44. “Maar ten spyte van al hierdie dinge sal Ek hulle nie heeltemal verwerp of verag terwyl hulle in ballingskap in die land van hulle vyande is nie. Ek sal my verbond met hulle nie tot niet maak deur hulle uit te wis nie. Ek, die Here, is hulle God.
45. Ek sal die verbond met hulle voorouers wat Ek uit Egipte gebring het ten aanskoue van al die nasies om hulle God te wees in herinnering roep. Ek is die Here.
46. Dit is die voorskrifte, die reëls en regulasies wat die Here aan die Israeliete deur Moses op die Sinaiberg gegee het.”