Levitikus 22:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. sal hy onrein bly tot die aand toe. Hy mag nie van die heilige offers eet voordat hy sy liggaam met water gereinig het nie.

7. As die son ondergaan, sal hy weer rein wees en mag hy van die heilige offers eet. Dit is immers hulle enigste kos.

8. “Die priesters mag nooit vleis eet van ’n dier wat aan natuurlike oorsake gevrek het of wat deur wilde diere verskeur is nie, want dit sal hulle onrein maak. Ek is die Here.

9. “Waarsku alle priesters om hierdie reëls noukeurig na te kom, anders sal hulle gestraf word en sterf omdat hulle oortree het. Ek is die Here wat hulle heilig maak.

10. “Iemand wat nie aan die familie van ’n priester behoort nie, mag nooit van die heilige offers eet nie, selfs nie eers as die persoon in ’n priester se huis woon of een van sy gehuurde slawe is nie.

11. As die priester egter self die slaaf gekoop het, mag hy van die offers eet. As die slaaf kinders het, mag hulle ook deel in die kos.

12. As die dogter van ’n priester sou trou met iemand buite die priesterlike familie, mag sy nie langer van die heilige offers eet nie.

13. As sy egter ’n weduwee word of geskei en nie enige kinders het nie, en sy kom bly weer in haar pa se huis, mag sy weer van haar pa se kos eet. Behalwe vir hierdie uitsonderings, word net die priesters se families toegelaat om van die heilige offers te eet.

14. “Iemand wat van die heilige offers eet sonder om dit te besef, moet die priester daarvoor betaal plus ’n addisionele heffing van twintig persent.

15. Niemand mag die heilige offers wat deur die Israeliete vir die Here gebring word, onrein maak

16. deur toe te laat dat onbevoegde persone daarvan eet nie. So ’n nalatige priester bring skuld op die volk wat weer betaal moet word. Ek is die Here wat hulle heilig maak.”

Levitikus 22