Levitikus 22:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “As enige priester uit die nageslag van Aäron ’n aansteeklike velsiekte het, of ’n afskeiding wat hom onrein maak, mag hulle nie van die heilige offers eet voordat hulle rein verklaar is nie. As enige priester onrein sou raak deur aan ’n lyk te raak of deur ’n saadstorting,

5. of deur ’n kruipende dier aan te raak wat onrein is, of deur aan iemand te raak wat onrein is vir watter rede ook al,

6. sal hy onrein bly tot die aand toe. Hy mag nie van die heilige offers eet voordat hy sy liggaam met water gereinig het nie.

7. As die son ondergaan, sal hy weer rein wees en mag hy van die heilige offers eet. Dit is immers hulle enigste kos.

8. “Die priesters mag nooit vleis eet van ’n dier wat aan natuurlike oorsake gevrek het of wat deur wilde diere verskeur is nie, want dit sal hulle onrein maak. Ek is die Here.

9. “Waarsku alle priesters om hierdie reëls noukeurig na te kom, anders sal hulle gestraf word en sterf omdat hulle oortree het. Ek is die Here wat hulle heilig maak.

Levitikus 22