14. “Iemand wat van die heilige offers eet sonder om dit te besef, moet die priester daarvoor betaal plus ’n addisionele heffing van twintig persent.
15. Niemand mag die heilige offers wat deur die Israeliete vir die Here gebring word, onrein maak
16. deur toe te laat dat onbevoegde persone daarvan eet nie. So ’n nalatige priester bring skuld op die volk wat weer betaal moet word. Ek is die Here wat hulle heilig maak.”
17. Die Here het vir Moses gesê:
18. “Gee vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete hierdie instruksies. Dit is van toepassing op gebore Israeliete en op vreemdelinge wat tussen julle woon. As jy ’n brandoffer vir die Here offer, of dit nou is om ’n gelofte na te kom en of dit ’n vrywillige offer is,
19. sal dit net aanvaar word as dit ’n manlike dier sonder enige liggaamsgebrek is. Dit mag ’n bul, ’n skaapram of ’n bokram wees.
20. Moenie ’n dier met ’n liggaamsgebrek bring nie, want dit sal nie ter wille van jou aanvaar word nie.
21. “As jy een van jou diere as ’n maaltydoffer vir die Here bring, of dit nou is om ’n gelofte na te kom en of dit ’n vrywillige offer is, moet jy ’n dier sonder enige liggaamsgebrek offer.
22. ’n Blinde, beseerde, verminkte dier of een met ’n vergroeisel, ’n oop seer of ’n velkwaal mag nooit ’n vuuroffer op die altaar vir die Here wees nie.