Levitikus 15:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. As jy op dieselfde plek gaan sit waar die man met die afskeiding gesit het, moet jy jou klere was en in water bad.

7. Dieselfde reëling geld as jy aan die man met die afskeiding sou raak. Jy is onrein tot die aand toe.

8. As hy op jou sou spoeg, moet jy dieselfde prosedure volg.

9. Enigiets waarop die man sou sit terwyl hy gery het, is onrein.

Levitikus 15