Kolossense 2:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Ek skryf dit vir julle sodat niemand julle met mooi­praatjies om die bos kan lei nie.

5. Al is ek nie persoonlik teenwoordig nie, is ek in die gees by julle. Ek is bly om te sien hoe ordelik julle is en hoe vas julle geloof in Jesus Christus is.

6. Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is.

7. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle ge­leer is, en loop oor van dankbaarheid.

8. Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleep­tou neem met ’n leë, mis­lei­den­de filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie.

9. Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teen­woor­dig.

Kolossense 2