1. Die stad wat vol mense was, is nou verlate. Sy sit alleen daar, soos ’n weduwee wat treur. Die stad wat eens die nasies se koningin was,het nou hulle slaaf geword.
2. Sy sit dwarsdeur die nag en huil. Trane loop oor haar wange. Nie een van haar minnaars wil haar nou kom troos nie. Al haar vriendehet haar verraai en haar vyande geword.
3. Juda is weggevoer in ballingskap. Hulle word verdruk en gedwing om te werk. Hulle woon tussen vreemde volke waar hulle nie tuis is nie. Hulle agtervolgers het hulle ingehaal en in ’n hoek vasgekeer.
4. Die paaie na Jerusalem lê verlate, want niemand kom meer na die tempelfeeste toe nie. By die stad se ingang is daar niemand nie. Die priesters staan en sug. Die jong vroue huil. Jerusalem kry bitter swaar.
5. Hulle wat Jerusalem onderdruk, het gewen. Dit gaan goed met haar vyande. Die Here het die stad gestraf oor die baie sondes wat daar gedoen is. Hulle het haar kinders gevang en weggevat na ’n ander land.
6. Al Jerusalemse skoonheid het verdwyn. Haar leiers het geword soos uitgehongerde takbokke,sonder ’n plek om te wei. Hulle kan nie wegvlug van hulle agtervolgers nie.
7. In hierdie tyd van swaarkry dink Jerusalem terug aan die tyd toe sy mooi was.Maar sy het in haar vyand se hande belanden niemand kon haar help nie. Haar vyand het haar verwoes en gelag toe sy val.
8. Jerusalem het baie gesondigsoos iemand wat vuil word. Almal wat haar eers gerespekteer het, verag haar nou. Want hulle het haar kaal en vernederd gesien. Sy kan maar net sug en haar gesig in haar hande wegsteek.