Josua 21:21-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Sigem in die Efraimsberge waarheen mense kon vlug wat ’n ander per ongeluk doodgemaak het, Geser,

22. Kibsajim en Bet-Goron; dus vier dorpe met hulle weivelde.

23. In die gebied van Dan het hulle die vier dorpe Elteke, Gibbeton,

24. Ajalon en Gat-Rimmon met hulle weivelde gekry.

25. In die gebied van die halwe Manassestam het hulle die twee dorpe Taänak en Gat-Rimmon met hulle weivelde gekry.

26. Die Kehatgroep het altesaam dus tien plekke met hulle weivelde gekry.

27. Die Gersongroep van die Leviete het in die gebied van die ander helfte van die Manassestam die toevlugsoord Golan in Basan en Astarot met hulle weivelde gekry.

28. In die gebied van Issaskar is die vier dorpe Kisjon, Daberat,

29. Jarmut en En-Gannim met hulle weivelde aan hulle toegewys.

30. In die gebied van Aser het hulle die vier plekke Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob met hulle weivelde gekry.

Josua 21