16. Ajin, Jutta en Bet-Semes, elkeen met sy weiveld. Dit was nege dorpe in die gebied van hierdie twee stamme.
17. In Benjamin se gebied het hulle Gibeon, Geba,
18. Anatot en Almon, elkeen met sy weiveld, gekry.
19. Die priesters uit die nageslag van Aäron het dus altesaam dertien dorpe met hulle weivelde gekry.
20. In die gebied van Efraim is vir die res van die Kehatgroep, wat uit die nageslag van Levi kom, deur die lot toegewys: