11. Hulle het Kirjat-Arba (dit is Hebron) gekry in die heuwels van Juda, met sy weivelde rondom. Arba was ’n voorsaat van die Enakiete.
12. Die veld en klein dorpies rondom die dorp was egter Kaleb, die seun van Jefunne, se eiendom.
13. Die priester Aäron se nageslag het ontvang: Hebron, waarheen iemand vir beskerming kon vlug, Libna,
14. Jattir, Estemoa,
15. Golon, Debir,
16. Ajin, Jutta en Bet-Semes, elkeen met sy weiveld. Dit was nege dorpe in die gebied van hierdie twee stamme.
17. In Benjamin se gebied het hulle Gibeon, Geba,
18. Anatot en Almon, elkeen met sy weiveld, gekry.
19. Die priesters uit die nageslag van Aäron het dus altesaam dertien dorpe met hulle weivelde gekry.