Josua 19:47-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

47. Dan het egter sy gebied verloor. Hulle het toe opgetrek en Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad ingeneem en daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander en dit na hulle voorvader Dan vernoem.

48. Hierdie dorpe met hulle omringende dorpies het vroeër aan die families van die stam Dan behoort.

49. Nadat die Israeliete die land onder mekaar verdeel het, het hulle ook vir Josua, die seun van Nun, ’n stuk grond tussen hulle gegee.

50. Die Here het hulle beveel om die stad te gee wat hy gekies het. Hy het Timnat-Serag in die heuwels van Efraim gekies. Josua het die stad herbou en daar gaan woon.

51. Dit was dan die gebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het voor die Here by die ingang van die tabernakel in Silo geloot oor die verdeling van die land. So is die verdeling van die land afgehandel.

Josua 19