Josua 19:34-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Die grens aan die westekant is van Asnot-Tabor dan na Gukok toe, teenaan die grens met Sebulon aan die suidekant verby en teenaan die grens met Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaanrivier aan die oostekant.

35. Die versterkte dorpe het ingesluit Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Dit was negentien dorpe met hulle gehuggies rondom.

39. Hierdie dorpe en hulle omringende dorpies het aan die families van die stam Naftali behoort.

40. Vir die families van die stam Dan is ’n sewende keer geloot.

41. In hulle grondgebied was Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon en Rakkon saam met die gebied teenoor Joppe.

47. Dan het egter sy gebied verloor. Hulle het toe opgetrek en Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad ingeneem en daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander en dit na hulle voorvader Dan vernoem.

48. Hierdie dorpe met hulle omringende dorpies het vroeër aan die families van die stam Dan behoort.

49. Nadat die Israeliete die land onder mekaar verdeel het, het hulle ook vir Josua, die seun van Nun, ’n stuk grond tussen hulle gegee.

50. Die Here het hulle beveel om die stad te gee wat hy gekies het. Hy het Timnat-Serag in die heuwels van Efraim gekies. Josua het die stad herbou en daar gaan woon.

Josua 19