31. Hierdie dorpe met hulle omringende dorpies was die grond van die families van die stam Aser.
32. Die sesde keer se loting was vir die grond van die families van die stam Naftali.
33. Hulle grens begin by Gelef, by die groot boom by Saänannim, en loop dan oor Adami-Nekeb, Jabneël, Lakkum en tot by die Jordaanrivier.
34. Die grens aan die westekant is van Asnot-Tabor dan na Gukok toe, teenaan die grens met Sebulon aan die suidekant verby en teenaan die grens met Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaanrivier aan die oostekant.
35. Die versterkte dorpe het ingesluit Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,
36. Adama, Rama, Hasor,
37. Kedes, Edreï, En-Gasor,