Johannes 5:45-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

45. Moenie dink dat dit Ek is wat julle aankla by die Vader nie. Dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat die aanklaer is.

46. As julle Moses maar vertrou het, sou julle in My geglo het, want dit is oor Mý dat hy geskryf het.

47. As julle egter nie glo in wat hy geskryf het nie, hoe sal julle ooit in my woorde glo?”

Johannes 5