12. As dit nog te jonk isom gesny te word,verdroog dit vinniger as gras.
13. So gaan dit met iemand wat vergeet van God. Die verwagting van die goddelose kom tot niks.
14. Alles waarop hulle bou, val inmekaar.Hulle steun op ’n spinnerak.
15. Hulle dink hulle huise bied sekuriteit.Maar dit hou nie.Hulle probeer daaraan vasklou, maar dit bly nie staan nie.
16. Hulle lyk soos ’n welige struik in die son.Sy takke sprei uit oor die hele tuin.
17. Die wortels groei deur klippe sodat dit stewig staan tussen rotse.
18. Maar wanneer dit uit sy plek uitgetrek is, mis niemand dit nie.
19. Dis die einde van sy lewe.Ander groei in sy plek.
20. “Maar kyk: God verwerp nooit ’n menswat opreg voor Hom leef nie.So laat Hy dit nie goed gaan met die kwaaddoener nie.
21. Hy sal jou weer met vrolikheid vulen jou laat uitroep van vreugde.
22. Dié wat jou haat,sal beskaamd staan.Die tent van die bose mens sal vernietig word.”