Job 6:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Wildedonkies balk as hulle geen groen gras kry nie, en beeste bulk as daar nie voer is nie.

6. Eet ’n mens smaaklose kos sonder sout,of iets so smaakloossoos die wit van ’n eier?

7. My eetlus verdwyn as ek dit sien.Ek word naar as ek dit moet eet.

8. Ag, as my versoek maar toegestaan worddat God sal gee waarvoor ek hoop!

9. As Hy my maar wil uitwis,sy hand uitsteek en my vernietig,

10. dan sou dit my troos wees: dat ek ten spyte van my pyn ook vreugde sal hê dat ek die woorde van die Heilige nie ontken het nie.

11. “Ek het nie die krag om aan te gaan nie. Ek het geen doel om voor te lewe nie.

12. Is ek so sterk soos klip, en is my lyf van brons gemaak?

13. Nee, ek is hulpeloos.Daar is geen kansdat ek kan slaag nie.

14. “’n Mens sou medelye hê met ’n vriend in nood,selfs as hy die vrees vir die Almagtigelaat vaar.

15. My vriend, jy is so onbetroubaar soos ’n spruit wat in die lentesy walle oorstroom,

Job 6