11. “Ek het nie die krag om aan te gaan nie. Ek het geen doel om voor te lewe nie.
12. Is ek so sterk soos klip, en is my lyf van brons gemaak?
13. Nee, ek is hulpeloos.Daar is geen kansdat ek kan slaag nie.
14. “’n Mens sou medelye hê met ’n vriend in nood,selfs as hy die vrees vir die Almagtigelaat vaar.
15. My vriend, jy is so onbetroubaar soos ’n spruit wat in die lentesy walle oorstroom,
16. vol met ys en sneeu wat smelt.
17. Maar die water droog op in die hitteen die spruit verdwynwanneer dit warm word.
18. Reisigers draai af na die spruit vir lafenis,en hulle sterf in die woestynwaarheen hulle afgedraai het.
19. Met groot verwagting kom reisigers van Tema en Skeba op soek na water.
20. Maar hulle kry niksal het hulle daarop vertrou. Hulle hoop is beskaamtoe hulle daar gekom het.
21. Net so kon julle my ook nie help nie.Julle het my ellende gesien, en bang geword.
22. Hoekom? Het ek ooit van julle ’n geskenk verwag? Het ek ooit by julle gesmeekdat julle iemand met julle geld vir my moes omkoop?