6. Ellende spruit nie uit die grond,en swaarkry groei nieuit die aarde nie.
7. ’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’nvuur.
8. “My raad aan jou is: Gaan na God toeen stel jou saak aan Hom.
9. Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan.Hy doen wonder op wonder.
10. Hy gee reën op die aarde.Hy maak die veld nat.
11. Hy gee voorspoed aan die nederiges, en beskerm mense wat ly.
12. Hy verydel die planne van skelm mensesodat hulle planne nie slaag nie.
13. Mense wat dink hulle is slim, draai Hy in hulle eie planne vas.Wat hulle wou doen, maak Hy tot niet.
14. Hulle tas rond in helder daglig asof hulle blind is.Hulle sien niks in die dag nie,asof dit nag is.
15. Hy red die armes van diéwat hulle vals beskuldig.Hy red hulle uit die mag van die sterkes.
16. So kan die armes weer hoop, en die mond van die bose word gesnoer.
17. “Kyk hoe gelukkig is mense vir wie God vermaan!Verag nie die teregwysing van die Almagtigeas jy sondig nie,
18. want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer.