Job 40:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hy skuil in die skadu van die waterplantetussen die wilgers langs die rivier.

18. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.

19. Niemand kan hom van voor af paken ’n ring in sy neus sit nie.”

20. “Kan jy ’n krokodil*met ’n hoek vang?Kan jy ’n tou bind om sy bek?

21. Kan jy ’n lynsteek deur sy neusof sy kake met ’n haak deurboor?

22. Sal hy by jou pleit om genade,of soebat om vir hom jammer te wees?

23. Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe?

24. Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters?

25. Sal handelaars hom wil koop?Kan hulle hom verkoop in hulle winkels?

26. Kan jy sy vel deurboor met pyle, of sy kop met ’n harpoen?

27. Lê gerus jou hand op hom!Jy sal vir altyd die geveg onthouen dit nooit weer waag nie.

28. Jy probeer verniet om hom te vang.Die jagter is oorweldig as hy hom net sien.”

Job 40