12. Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg.
13. Sy bene is soos bronspype.Sy ledemate so sterk soos yster.
14. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk.Net sy Maker kan hom in toom hou.
15. Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.
16. Hy lê onder waterplante.Hy skuil tussen die riete in die moeras.
17. Hy skuil in die skadu van die waterplantetussen die wilgers langs die rivier.
18. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.
19. Niemand kan hom van voor af paken ’n ring in sy neus sit nie.”
20. “Kan jy ’n krokodil*met ’n hoek vang?Kan jy ’n tou bind om sy bek?