Job 40:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Kyk na die seekoei*.Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het.Hy vreet gras soos ’n bees.

11. Hy het ’n kragtige liggaammet sterk spiere.

12. Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg.

13. Sy bene is soos bronspype.Sy ledemate so sterk soos yster.

14. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk.Net sy Maker kan hom in toom hou.

15. Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê onder waterplante.Hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Hy skuil in die skadu van die waterplantetussen die wilgers langs die rivier.

18. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.

Job 40