7. “Dink daaraan: Het onskuldige mense ooit vergaan?Wanneer is die mens wat God getrou dien, al ooit vernietig?
8. My ondervinding is dat mense wat moeilikheid planten die bose saai,dit ook sal oes.
9. Deur die asem van God het Hy hulle vernietig.Deur sy woede vergaan hulle.
10. Die gebrul van die leeu,die gegrom van die roofdier,het stilgeraak.Die tande van die jong leeu is uitgeslaan.
11. Sonder prooi gaan die leeu dood,en die welpies loop verlore rond.
12. “Ek het dit eenmaalin die geheim gehoor, asof iemand dit in my oor fluister.
13. Een nag, terwyl ander slaap, het ek dit gesienin ’n gesig wat my verskrik het.
14. Ek was bang. Ek het gebewe van die skok.
15. ’n Windvlaaghet by my verby getrek, en die hare van my lyf het orent gaan staan.
16. Iets het voor my gestaan, maar ek kon nie uitmaak watter vorm dit het nie. Iets het voor my verskynen ’n veraf stem het gepraat:
17. ‘Kan ’n sterflike mens regverdig wees voor sy Maker, en ’n blote mens rein wees voor sy Skepper?’
18. Selfs sy eie hemelse dienaars kan God nie vertrou nie. Selfs sy boodskappers is voor Hom vol gebreke.
19. Hoe kan Hy ons vertrou wat van klei gemaak is?Ons is van stof gemaak, en word papgedruk, so maklik soos ’n mot.
20. Tussen oggend en aand word hulle vernietig, onopsigtelikvergaan hulle vir altyd.
21. Hulle tentpenne word uitgetrek, en hulle sterf sonder om wysheid te leer.”