3. Ek het baie voorbeelde van die regverdigheid van my Makerwat ek aan jou kan voorhou.
4. “Wat ek gaan sê, is die eerlike waarheid,want ek is ’n man met afgeronde kennis.
5. God is magtig,tog verag Hy niemand nie!Hy is magtig in sowel krag as begrip.
6. Hy laat die kwaaddoener nie lewe nie, maar sorg vir regverdigheidvir die verdrukte.
7. Sy oë is altyd op die onskuldige,Hy vestig en verhef hulle vir altydsaam met konings.
8. Maar as hulle moeilikheid heten swaar verdruk word,
9. doen Hy moeite om vir hulle die rede uit te wys,naamlik hulle sonde van hoogmoed.
10. So kry Hy hulle aandag en sê vir hulledat hulle moet wegdraai van die kwaad.
11. As hulle luister en Hom gehoorsaam, word hulle geseën met voorspoed deur hulle hele lewe.
12. Maar as hulle weier om te luister, sal hulle sterf in die geveg en ondergaanomdat hulle niks verstaan nie.
13. “Goddelose mense vertroetelhulle woede.Selfs wanneer Hy hulle straf, weier hulle om te roep om hulp.
14. Hulle sterf jonk.Hulle lewe eindig in skandelike dade.
15. Maar deur hulle swaarkry, red Hy mense wat ly.Want Hy gebruik hulle lyding om hulle oë oop te maak.
16. “Ja, ook vir jou wou God uit die gevaar lei.Hy wou jou vrymaak.Hy wou jou oorgenoeg gee om van te lewe.
17. Maar jy is behepmet die oordeel oor die goddelose.Moenie bekommerd wees nie.Regverdigheid sal seëvier.
18. Oppas dat voorspoed jou nie verlei nie.Moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou laat sondig nie.