Job 36:22-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. “God is almagtig.Wie kan ’n mens leer soos Hy?

23. Niemand kan Hom vertel wat om te doen nie.Niemand kan vir Hom sê: ‘U was verkeerd’ nie.

24. Nee, verheerlik liewer sy magtige werke en sing tot sy lof.

25. Elkeen het hierdie dinge gesien, maar net van ver af.

26. Kyk, God is verhewebokant ons begrip.Sy jare is sonder einde.

27. “Hy trek waterdamp op en laat dit val as reën.

28. Reën stort uit die wolkeen almal baat daarby.

29. Kan iemand verstaan hoe die wolke uitsprei,en die donderweer rol deur die hemel?

30. Kyk hoe Hy die weerlig rondom Hom laat blits.Kyk hoe dit die diepsee verlig.

Job 36