1. Elihu het ook nog gesê:
2. “Laat my voortgaan,en ek sal die waarheidvir jou uitwys in wat ek sê,want ek is nog nie klaar om God te verdedig nie!
3. Ek het baie voorbeelde van die regverdigheid van my Makerwat ek aan jou kan voorhou.
4. “Wat ek gaan sê, is die eerlike waarheid,want ek is ’n man met afgeronde kennis.
5. God is magtig,tog verag Hy niemand nie!Hy is magtig in sowel krag as begrip.
6. Hy laat die kwaaddoener nie lewe nie, maar sorg vir regverdigheidvir die verdrukte.
7. Sy oë is altyd op die onskuldige,Hy vestig en verhef hulle vir altydsaam met konings.