Job 35:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Waar is Hy wat ons meer geleer het as vir die diere en ons slimmer gemaak hetas die voëls?’

12. Mense roep om hulp en Hy antwoord nieweens hulle boosheid en hoogmoed.

13. Maar dit is verkeerd om te sê God luister nie, die Almagtige gee nie om nie.

14. Dit is nog meer vals om te sê Hy sien nie wat aangaan nie. Hy sal geregtigheid laat geskied as jy net sal wag.

15. Maar roep jy uit teen Hom omdat Hy nie in woede reageer op sondaars nieen nie weet van boosheid nie?

16. Job, jy het tevergeefs geprotesteer.Jy het gepraat soos ’n dwaas.”

Job 35