1. Elihu het verder gesê:
2. “Dink jy dit is reg om te sê:‘Ek is regverdig voor God’?
3. Tog het jy ook gevra:‘Wat help dit om reg te lewe?Wat kan dit my baatom nie te sondig nie?’
4. “Ek sal jou en al jou vriende antwoord.
5. Kyk op in die lug,sien die wolkehoog bokant jou raak.
6. As jy sondig, hoe raak dit Hom?Selfs as jy aanhou om weer en weer sonde te doen, wat doen dit aan Hom?
7. Of as jy reg optree, wat beteken dit vir Hom?Wat kan jy vir Hom gee?