3. Maar hy was ook kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle Job nie kon antwoord nie en aantoon dat hy skuldig was nie.
4. Elihu het gewag voor hy praat omdat die ander mans ouer as hy was.
5. Maar toe hy sien dat hulle drie niks verder het om te sê nie, was hy woedend.
6. Elihu seun van Barakel die Bussiet het gesê: “Ek is nog jonk, en julle is al oud.Daarom was ek bang.Ek wou nie waag om vir julle te sê wat ek dink nie.
7. Ek het gedink: Laat mense wat ouer is, praat, want wysheid kom met jare.
8. Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee,die asem wat van die Almagtige kom.
9. Maar soms is bejaardes nie wys nie. Soms het bejaardes nie begrip vir regverdigheid nie.
10. “Luister daarom na my mening.Ek sal julle sê wat ek dink.
11. Ek het lank gewag.Ek het versigtig na julle argumente geluister.Ek het gehoor hoe julle na woorde soek.
12. Ek het met aandag geluister,maar nie een van julle kon Job se argumenteweerlê of hom antwoord nie.