Job 32:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Nee, ek sal sê wat ek dink. Ek sal sekerlik my mening gee.

18. Ek is tot barstens toe vol woordeen my gees dryf my om te praat.

19. Ek is soos gistende wyn in ’n nuwe wynsak.My woorde is gereedom uit te bars!

20. Ek moet praat om verligting te kry. Daarom, luister na wat ek sêas ek antwoord.

21. Ek sal niemand voortrek nie,en ek sal niemand vlei nie.

22. As ek dit sou probeer doen, sou my Maker ’n einde aan my maak.”

Job 32